Wat is die doel van die Moot Makietie?

 

Die Moot Makietie het ontstaan in 2013 en hierdie sal die 6de jaar wees wat die feestelikheid gehou gaan word. Dit is ‘n liefdadigheidsuitreik na die gemeenskap. Die fondse word op hierdie stadium aangewend vir minder bevoorregte kinders by die hoërskool Hendrik Verwoerd (wweklikse kospakkies, skoolklere ens). Die uiteindelike doel is om by die ander skole in die omgewing ook betrokke te raak indien ons die nodige fondse kan bekom.

 

Die fondse om die Moot Makietie moontlik te maak, word verkry van borge, donasies en verhuring van stalletjies tydens die feestelikheid. Hierdie jaar word die Moot Makietie op 25 Augustus gehou op die sportvelde van die Hoërskool Hendrik Verwoerd. Hiermee wil ons, ons opregte waardering uitspreek teenoor almal wat in die verlede en ook huidiglik ons ondersteun.

Ontmoet die Span agter die Skerms

Calla Bezuidenhout

Hooforganiseerder

Magda Oosthuizen

Organiseerder

Paullet Grobler

 

NG Pierneef Verteenwoordiger

Leon Oosthuizen

Finansiële Koördineerder