Die MootMakietie het ontstaan in 2013 en hierdie sal die 5de jaar wees wat die feestelikheid gehou gaan word.

Dit is ‘n liefdadigheidsuitreik na die gemeenskap.

 

Die fondse word op hierdie stadium aangewend vir minder bevoorregte kinders by die hoërskool Hendrik Verwoerd.

Die fondse word aan die skool geskenk, en hulle koop benodighede soos kos, toiletware, klere, skoolskoene ens. vir die wat dit benodig.

Die uiteindelike doel is om by die ander skole in die omgewing ook betrokke te raak indien ons die nodige fondse kan bekom.

 Die fondse om die MootMakietie moontlik te maak, word verkry van borge, donasies en verhuring van stalletjies tydens die feestelikheid.

 Hierdie jaar word die MootMakietie die 26ste Augustus gehou op die sportvelde van die Hoërskool Hendrik Verwoerd. Hekke oop vanaf 15:00, voorsangers vanaf 16:00. Adam Tas sal vanaf 19:00 speel.

Daar gaan 'n teetuin wees, koeldrank en 'n verskeidenheid aan kosstalletjies.

Daar sal ook pryse om te wen wees en een speelarea vir die kinders. 

Hiermee wil ons, ons opregte waardering uitspreek teenoor almal wat in die verlede en ook huidiglik ons ondersteun.